Local newsNews

Klein Adri skop goud los

Sy is klein en fyn van postuur, maar vir Adri Roux moet niemand onderskat nie.

VANDERBIJLPARK – Die Vaaldriehoek het nog ʼn SA Kampioen opgelewer. Skopboks SA Kampioen o/27 kg om presies te wees. Adri Roux is ʼn graad 3 leerder aan die Laerskool D.F Malherbe.

Die naweek het sy aan die SA Nasionale Kickboxing kampioenskappe in Oudshoorn deelgeneem. Hier het sy gewys sy is gemaak van dinamiet en energie. Adri het brons in die afdeling Ligte Skoppe behaal en silwer in die afdeling Ligte Kontak.

Adri Roux met die trofee wat sy by die Nasionale Skopboks Kampioenskappe verower het. Foto: Brumilda Ferreira

In die Points afdeling het sy al haar teenstanders gekortwiek en goud behaal. Daarmee was sy ook gekroon as die SA kampioen.

“Ons het destyds besluit sy moet skopboks doen, omdat sy baie skaam was. Sy het altyd agter my bene weggekruip en natuurlik vir selfverdediging,” beduie haar ma, Brumilda Ferreira.

Nooit het hulle gedink die sport sou so ‘n groot verandering in Adri se lewe bring nie. Sy het ontpop in ‘n ekstrovert met hope selfvertroue en gesels ‘n hond uit ‘n bos uit.

In 2024 was sy die Afrika Kampioen in haar ouderdomsgroep en gewigsafdeling en het sy sewende op die wêreldranglys gestaan.

Van alles wat te doen het met die sport, hou sy die meeste daarvan om te skop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button