News

Suksesvolle arrestasies in Sasolburg

Lede van die Sasolburg Openbare Orde-polisiëringseenheid het gereageer op 'n leidraad van die publiek.

SASOLBURG – Lede van die Sasolburg Openbare Orde-polisiëringseenheid (POP), Peloton 02, het die afgelope naweek naweek twee mans tussen die ouderdomme van 41 en 43 gearresteer vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen.

Op 25 April omstreeks 19:30 het lede gereageer op inligting wat ontvang is rakende twee verdagtes wat na bewering in besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen was.

Die verdagtes is glo verbind aan ’n saak van intimidasie en die rig van ’n vuurwapen in Heilbron.

’n Beskrywing van die verdagtes, sowel as hul voertuig, is uitgestuur.

Die polisie het onmiddellik gereageer en na die R57 by die vierrigting-stop naby Amelia vertrek, waar die voertuig suksesvol voorgekeer is.

Tydens ’n deursoeking van die voertuig het die lede op ’n ongelisensieerde 9mm Star BM-pistool afgekom.

Albei verdagtes is onmiddellik op die toneel in hegtenis geneem.

Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Sasolburg-landdroshof verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button