Keniaan wen Vaal Triangle Marathon
Honderde atlete het 26 April in koel herfsweer die strate van Vereeniging en Meyerton ingevaar tydens die Vaal Triangle Marathon.
VEREENIGING – Die Keniaan Julius Kipchirchir het die Vaal Triangle Marathon in ’n tyd van 02:34:22 gewen.
Wycliffe Nyagotuga Juma (02:40:40) en Mvula Vilakazi (02:47:40) het onderskeidelik tweede en derde in die wedloop oor 42,2 km geëindig.

Die vrouewedloop is gewen deur Dineo Mmusi in 03:12:01, met Noreen Rautenbach (03:16:22) en Helené van Rooyen (03:19:13) wat onderskeidelik tweede en derde geëindig het.
Die mans halfmarathon is gewen deur Gladwin Mzazi in 01:09:20, met Pule Sibeko (01:09:28) en Mbuti Mollo (01:09:36) wat onderskeidelik tweede en derde geëindig het.
Die vroue halfmarathon is gewen deur Karin-Mari Dötze in 01:25:07, met Kimara Solms (01:28:13) en Lauren Kruger (01:29:42) wat onderskeidelik tweede en derde geëindig het.

Daar was ook ’n 10 km-wedloop en ’n 5 km-pretdraf.
Die wedloop, wat op die paaie van Vereeniging en Meyerton beslis is, het by die Dick Fourie-stadion in Meyerton begin en geëindig.
Talle atlete het die marathon gebruik om myle in te kry vir die Comrades Marathon wat om die draai is.


