News

Landloopseisoen spring in Meyerton weg

Die 2026-landloopseisoen begin op 23 Mei.

MEYERTON – Atletiek Vaaldriehoek (AVT) se 2026-landloopseisoen begin op 23 Mei met die eerste ligabyeenkoms by Hoërskool Dr. Malan.

Die byeenkoms word deur die Cool Runnings-atletiekklub aangebied.

Die seisoen bestaan uit vyf liga-byeenkomste wat by verskeie plekke in die streek aangebied word, insluitend Heidelberg, Rietspruit en Vanderbijlpark.

Die seisoen bereik sy hoogtepunt by die AVTkampioenskappe op 8 Augustus by Kollegepark in Vanderbijlpark.

Die nasionale ASAlandloopkampioenskappe vind daarna op 5 September in Pretoria plaas, met die presiese venue wat nog bevestig moet word.

Atlete wat wil deelneem, moet oor ’n geldige 2026 Atletiek Suid-Afrika (ASA)lisensie beskik en by ’n AVTgeaffilieerde klub geregistreer wees.

Atlete wat nie aan ’n klub behoort nie, sal ’n tydelike lisensie moet bekom om te kan deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button