News

Inskrywings vir gewilde kompetisie is gratis

Al die bruide sal in Vaalweekblad verskyn en sal ook deurlopend op ons webtuiste te sien wees.

Bruide van die Vaal en omliggende dorpe (Vereeniging, Meyerton, Vanderbijlpark, Sasolburg, Deneysville, Parys, Frankfort en Vredefort) wat in 2026 getroud is, word genooi om aan Vaalweekblad se Bruid van die Jaar-kompetisie deel te neem.

Inskrywings is gratis en soos altyd is daar pryse op die spel. Ons wil graag met die nuwe bruide in Vaalweekblad spog.

Bruide kan hul mooiste troufoto (alleen of as troupaar) met die nodige inligting (julle name en van, van watter dorp julle is, en wanneer julle getroud is) aan Penelope by penny@mooivaal.co.za stuur.

Hier is van die nuutste inskrywings.

Willie en Ansie Davel van Vaalpark is op 21 Maart getroud.
Jason en Caroline Jordaan van Vereeniging is op 20 Maart getroud.
Logyn en Jarod Kruger van Parys is op 27 Februarie getroud.
Carmen en Chris Herbst van Vaalpark is op 14 Februarie getroud.
Bernico en Esmerelda Van Tonder van Vanderbijlpark is op 10 Januarie getroud.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button