News

Vaal Marathon sê dankie aan borge, skenk aan liefdadigheid

Duisende rande is weer vanjaar deur die Vaal Marathon vir liefdadigheid ingesamel.

VEREENIGING. – Die Vaal Atletiekklub het op 23 April ’n spesiale funksie by Anna’s Kitchen in Drie Riviere gehou om borge en begunstigdes van vanjaar se Vaal Marathon te bedank.

Die jaarlikse marathon, wat bekend is vir sy sterk gemeenskapsfokus, dien nie net as ’n jaarlikse sporthoogtepunt nie, maar ook as ’n belangrike fondsinsameling vir plaaslike organisasies.

Duisende rande is weer tydens vanjaar se marathon, wat op 1 Maart gehou is, ingesamel.

Die geld wat ingesamel is, is onlangs aan liefdadigheidsorganisasies geskenk. Wedloopdirekteur Robert McTavish het sy opregte dank en waardering uitgespreek teenoor die borge wat die geleentheid oor die jare ondersteun.

Hy het veral Cape Gate uitgesonder, wat reeds 30 agtereenvolgende jare as borg betrokke is.

“Ons is ongelooflik dankbaar vir hul volgehoue ondersteuning en sien uit na nog jare van samewerking,” het hy gesê.

McTavish het ook beklemtoon dat die marathon steeds groei, met inskrywings wat oor die afgelope paar jaar beduidend toegeneem het.

Ná die Covid-19-pandemie het deelname van 1 784 atlete in 2022 tot 3 650 in 2026 gestyg, wat die gewildheid van geleentheid suksesvol aan te bied.

Benewens Cape Gate, is ander borge soos Haval, Factor-Pro, asook John Dory’s en Eskort ook bedank vir hul bydraes, terwyl organisasies soos Trimed en Sharp Medical noodsaaklike mediese ondersteuning tydens die wedloop gebied het.

Wat liefdadigheid betref, is ’n bedrag van R20 690 aan LifeLine Vaal geskenk, terwyl Trimed R19 160 ontvang het uit deelnemers se bydraes en klubdonasies.

Die Vaal Atletiekklub het ook hul dank uitgespreek teenoor plaaslike rolspelers en organisasies wat gehelp het om die

Die funksie het nie net as ’n viering van die marathon se sukses gedien nie, maar ook die belangrike rol beklemtoon wat samewerking tussen borge, organiseerders en die gemeenskap speel om ’n verskil te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button