News

Vermiste Vanderbijl-man se oorskot moontlik in krokodil gevind

DNS-toetse sal uitgevoer word om vas te stel of hierdie oorskot inderdaad dié van die vermiste sakeman is.

Na ’n week lange soektog na ‘n vermiste Vanderbijlparkse sakeman (59) in Komatipoort, was daar ‘n deurbraak in die saak toe ’n krokodil in die rivier geïdentifiseer is wat daarvan verdink is dat dit die sakeman aangeval het.

Die span, bestaande uit die SAPD se Soek-en-reddingseenheid, NatJoints, SanParke, Noodmediese Dienste (NMD), Securecon en die Hawebestuurskomitee het die krokodil in die Komatirivier by Komatipoort opgespoor.

Die nodige toestemming is verkry om die krokodil van kant te maak.

Dit is toe dat die menslike oorskot gevind en uit die krokodil herwin is.

Die sakeman was as vermis aangemeld nadat sy Ford Ranger verlede week op ’n lae-waterbrug in die Komatirivier gevind is.

Die vermiste sakeman se Ford Ranger. Foto’s: verskaf

Die waarnemende provinsiale kommissaris van die SAPD in Mpumalanga, generaal-majoor (dr.) Zeph Mkhwanazi, het die span geprys.

“Ek bring hulde aan die toegewyde span wat hul lewens in gevaar gestel het om die vermiste persoon te vind. Ek weet dit was nie maklik nie, maar hulle het nie moed opgegee nie, selfs toe hulle voor gevaarlike situasies te staan gekom het,” het generaal-majoor (dr.) Mkhwanazi gesê.

Die krokodil wat van kant gemaak is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button