Local newsNews

Kleine Bear van 300g tot 3kg

Kleine Bear het skaars sy mens-ma se hand volgelê, maar ses weke later is die hondjie 'n volwaardige puppy wat sy wêreld nuuskierig verken.

MIDVAAL – Klein Bear was Vrydag ses weke oud. Sy bewonderaars hou sy vordering met arendsoë dop. Die klein hondjie het hartsnare geroer toe Deoné Longstaff hom as pasgebore hondjie gered het.

19 Maart was Deoné by die veearts waar sy vir een van haar ander honde, Finley gewag het. Hy was in die teater om ʼn klip uit sy ingewande te sny. Het Finley nie klippe gekou nie, was Bear dalk nie vandag hier nie.

Terwyl sy gewag het, het ʼn vrou met ʼn pasgebore hondjie ingekom. Die naelstring was nog vas. Sy het gesê die hondjie is in die straat opgetel.

Deoné het Bear dadelik onder haar sorg geneem. Die eerste weke was moeilik. Bear het 24/7 versorging nodig gehad. Teen dag 18 was sy ogies oop en het hy sy stertjie vir die eerste keer geswaai. Dis toe dat Deonè besef het, Bear is ʼn vegter. Hy wil lewe.

Na ‘n week se ekstra bekommernis, het Bear weereens gewys hy wil lewe. Hy het volkome herstel en begin kou aan sy speelgoed.

Maandag was Bear ses weke oud. Soos Deoné op Facebook sê: dis asof ʼn knoppie gedruk is en skielik is Bear nie meer in ʼn geveg om oorlewing nie. Hy is nou ʼn volwaardige hondjie en hy het sy eerste blaf gegee. Die eerste blaffie het hom onkant gevang, maar sedertdien gebruik hy sy stem baie.

Hy het ook al sy eerste inspuiting gehad en doen goed. Verlede week was hy siek, maar het binne twee dae gewys dat hy is nou eenmaal ʼn vegter wat nie aan opgee glo nie.

Kleine Bear het homself ook ge-potty train. Geen glipse in die huis nie, hy weet hy moet gras toe. Volgens Deoné sukkel hul nog net om hom te kry om water uit sy bakkie te drink, hy verkies sy waterbottel.

Deoné vat dit mooi vas: “He’s not just growing — he’s becoming a dog who chose to stay. And if his first little bark is anything to go by… he’s got plenty more to say “

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button