Local newsNews

Mei is ’n maand van hoop, krag en bewusmaking

Lupus en Veelvuldige Sklerose (MS). Twee siektes wat seermaak en verwoes. Mei fokus op bewusmaking van die siektes. Rozaan Steyn vertel meer.

SASOLBURG – Hierdie maand staan ons saam vir almal wat leef met Multiple Sklerose en Lupus – ons Warriors wat elke dag met moed, deursettingsvermoë en geloof aanhou veg, selfs wanneer dit nie maklik is nie.

Elke storie is uniek. Elke stryd is werklik. Maar saam is ons sterker.

Kom stap hierdie maand saam met ons die pad – deur te leer, te deel en mekaar te ondersteun. Laat ons lig wees vir mekaar en bewusmaking bring waar dit nodig is.

Aan elke Warrior: Ons sien jou. Ons eer jou. Jy is nie alleen nie.

Vir meer inligting oor die bewusmakingsveldtog in Mei besoek MS Hoop se Facebookblad. Foto: MS Hoop/Facebook

Saterdag, 9 Mei 2026 om 08:00 by die NG Kerk Vaalpark pak ons die 4.9 km aan – en jy is genooi!

Ons MS Warriors – met rolstoele, kieries of sommer net ’n sterk gees – almal is welkom om saam die pad te stap. Dis nie net ’n stap nie; dis ’n dag van hoop, moed en saamstaan.

Bring jou familie en vriende saam om te kom ondersteun – elke tree maak ’n verskil!

En as bonus… daar is heerlike pannekoeke te koop vir net R6.

Kom wees deel van iets besonders. Saam is ons sterker.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button