News

‘ELM-ontkenning dat rioolkrisis waterbronne besoedel is oneerlik’

Die munisipale bestuurder, April Ntuli, het gister (Maandag, 4 Mei) weer vlugtig in die hof in Vereeniging verskyn op sewe aanklagte van waterbesoedeling en oortredings van omgewingswette.

Raadslid Gerda Senekal van die VF Plus in Emfuleni het sterk kapsie gemaak en gesê dat die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (ELM) oneerlik is deur aan te voer dat bewerings van rou rioolstorting in die Vaalrivierstelsel onwaar is.

Die saak is tot 1 September uitgestel nadat die nasionale vervolgingsgesag (NGV) nog 66 bykomende klagte bygevoeg het.

“Ntuli se ontkennings volg nadat die VF Plus die munisipaliteit by talle geleenthede daarop gewys het dat sy rioolverwerkingsaanlegte nie net onvoeldonde is nie, maar dat gebrekkige infrastruktuur daartoe lei dat afvalwater nie eens by dié aanlegte uitkom nie.

“Ten spyte van Statistieke Suid-Afrika se amptelike syfers van ‘n 29%-bevolkingstoename van 2016 af tot 2022, wys Rand Water se verslae dat die volume rioolafval by die drie belangrikste verwerkingsaanlegte gedurende die afgelope dekade merkbaar gedaal het.

“Waar die Sebokengaanleg en die Rietspruitaanleg tien jaar gelede onderskeidelik 250 megaliter en 36 megaliter rou riool gekry het vir verwerking, het dit nou gedaal na 134 megaliter by Sebokeng en 27 megaliter by Rietspruit per dag.

Raadslid Gerda Senekal van die VF Plus in Emfuleni. Foto: Elsje Vermeulen

“By die Leeuwspruitaanleg het dit in dié dekade van 48 megaliter per dag tot 13 megaliter gedaal.

“Die miljoene liter riool waarvan daar nie rekenskap gegee kan word nie, verdwyn nie eenvoudig net nie.

“Dit beland in die omgewing, sypel in ondergrondse waterare in, besoedel systrome en takke en beland uiteindelik in die groter rivierstelsels – waarvan die Vaalrivier die belangrikste in die omgewing is.

“Bevestigde statistiek lieg nie, al ontken die ANC-beheerde Emfuleni-plaaslike munisipaliteit dit ook hoe hard.

“Wat veral kommerwekkend is, is die feit dat Emfuleni steeds geld bestee om sy gebrekkige optrede in die hof te verdedig ten spyte van verdoemende getuienis teen hom wat tot 66 bykomende klagte gelei het.

“Die VF Plus sal voortgaan om Emfuleni in die hof aanspreeklik te hou en om misleidende verklarings hieroor bloot te lê.

“Die party sal ook veg vir die beskerming van die Vaalrivier en inwoners se gesondheid,” sluit Senkekal se mediaverklaring af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button