News

Waarskuwing oor blouligkapings by Kliprivier-afrit op die R59

Motoriste word aangeraai om ekstra waaksaam te wees ná ’n beweerde bloulig-kapingspoging by die Kliprivier-afrit op die R59.

OPDATERING – 2026/05/05 – 15:15

Waarskuwing oor bloulig-“kapings” by Kliprivier-afrit op R59 ongegrond volgens Kliprivier-polisie

Motoriste is vroeër gewaarsku oor ’n beweerde bloulig-kapingspoging by die Kliprivier-afrit op die R59, maar dié bewerings is deur die polisie ontken.

Volgens inligting wat op ’n plaaslike WhatsApp-verkeersgroep versprei is, is motoriste glo deur voertuie met blou ligte probeer dwing om aan die kant van die pad te stop. Die sogenaamde waarskuwing het vinnig onder motoriste versprei.

Die waarskuwing wat wyd op sosiale media sirkuleer. Die Kliprivier polisie dra egter nie kennis van enige nuwe voorvalle wat aangemeld is nie.

Kliprivier SAPS het egter bevestig dat daar geen waarheid in die bewerings is nie. Volgens die kommunikasiebeampte, sersant Ndhambi, in oorleg met die stasiebevelvoerder, lt. kol. IJ Mofokeng, is die bewerings ongegrond.

“Daar is geen waarheid daarin nie. Enige inligting wat nie my handtekening of dié van sersant Ndhambi dra nie, is nie waar nie,” lui die reaksie.

’n Leser, Kyle Schoeman, het intussen op Vaalweekblad se Facebook-blad gesê mense moet die geldigheid van sulke berigte eers met SAPD bevestig voordat dit versprei word.

Hoewel soortgelyke voorvalle in die verlede wel aangemeld is, is daar tans geen bevestigde geval by dié spesifieke afrit nie.

Motoriste word steeds aangeraai om waaksaam te wees en verdagte gedrag op die pad by die polisie aan te meld.


Volgens inligting wat op ’n plaaslike WhatsApp-verkeersgroep versprei is, het die voorval glo plaasgevind toe verdagtes met blou ligte voertuie probeer dwing het om aan die kant van die pad te stop.

Die kapers gebruik vermoedelik die ligte om hulle as wetstoepassers te vermom.

In sommige gevalle het die kapers probeer om bestuurders se voertuie te in te perk op ’n wyse wat min ruimte vir ontsnapping laat.

Die beweerde voorval het by die Kliprivier-kruising op die R59 plaasgevind, ’n besige roete tussen Johannesburg en die Vaal.

Hoewel die inligting nog nie deur die polisie bevestig is nie, het die waarskuwing vinnig onder motoriste versprei.

Motoriste word aangeraai om nie onmiddellik te stop vir voertuie wat blou ligte vertoon in afgeleë of swak verligte gebiede nie.

“Ry eerder aan met noodligte aan en beweeg na ’n besige, goed verligte plek of die naaste polisiekantoor voordat daar gestop word,” lui die waarskuwing.

Owerhede het nog nie die voorval amptelik bevestig nie, maar motoriste word versoek om versigtig te wees by afritte en kruisings langs die R59.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button