VANDERBIJLPARK – Laerskool Eligwa het hul hoofleiers vir 2026 bekend gemaak. Die hoofleiers word elke jaar deur die leiers gekies.
Lourens Snyman is die nuwe hoofseun en Mieke Kriel is hoofdogter. Hulle word bygestaan deur onderhoofseun Riccardo jansen van Vuuren en onderhoofdogter Gabrielle van Driessel.
Skoolfhoof Bennie Boshoff sê Eligwa volg al 25 jaar die roete waar die verkose leiers eers vir ‘n paar maande saamwerk en op verskeie punte diens doen alvorens hul dan self kies wie die hoofleiers gaan wees.
Laerskool Eligwa hou 15 Mei karnaval. Die verrigtinge begin om 08:00. Elke graad het hul eie aktiwiteit of stalletjie. Daar sal alles te koop wees van vetkoekdogs tot by pannekoek en hamburgers. ‘n Wye verskeidenheid van speletjies word ook deur van die klasse aangebied.
Die karnaval sou eers die Vrydag plaasvind, maar is uitgeskuif na volgende Vrydag weens die koue weer wat die Vaaldriehoek tans beleef.
