News

Rolbalspeler sak ineen en sterf by Meyerton-klub

’n Geliefde gemeenskapslid se laaste oomblikke het op die rolbalbaan afgespeel.

MEYERTON. – ’n Bekende lid van die gemeenskap, Chris Wolmarans (81), is Saterdag 2 Mei oorlede nadat hy tydens ’n rolbalbyeenkoms by die Meyerton Rolbalklub inmekaargesak het.

Wolmarans, wat op 10 Januarie 1945 gebore is, het tot sy afsterwe aktief aan die klub se aktiwiteite deelgeneem.

Die Meyerton Rolbalklub het op sy amptelike Facebook-blad hulde gebring aan Wolmarans en hom beskryf as ’n geliefde pa, oupa, oupagrootjie, broer, oom en vriend.

“Met swaar harte maak ons die afsterwe bekend van ons geliefde pa, oupa, oupagrootjie, broer, oom en vriend. Ons is dankbaar vir elke kosbare oomblik, liefde en lag wat ons met hom gedeel het. Al is hy nie meer fisies by ons nie, sal sy nalatenskap voortleef deur almal wat die voorreg gehad het om hom te ken,” lui die plasing.

Wolmarans se begrafnis vind plaas op Vrydag 15 Mei om 11:00 by die Nederduitsch Hervormde Kerk Van Afrika in Hollidaystraat, Meyerton.

Gemeenskapslede word genooi om sy lewe saam met die familie te vier. Verversings sal ná die diens bedien word.

Die familie het versoek dat belangstellendes teen Vrydag 8 Mei RSVP om die getalle vir verversings te bevestig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button