News

Oom Kobus (84) steeds soek na ses maande

Yolanda Burger, oom Kobus se skoondogter sê hulle (sy en haar man) is al moeg gesoek na haar skoonpa.

VANDERBIJLPARK – Dis nou reeds meer as ses maande na die bejaarde Kobus Burger (84) gaan stap het, en net nooit weer huis toe gekom het nie.

“Ons het al soveel inligting en tip offs aan die polisie deurgegee en as jy opvolg of hulle dit ondersoek het, dan word jy vertel dat hulle nie nou tyd het om die saak te ondersoek nie. Dring jy aan op ‘n ander ondersoekbeampte word jy daar ook geblok”.

Veral in die eerste paar maande het oom Kobus se seun en skoondoger hulself vuisvoos gery om net te hoor dat hy nie daar is waar mense hom “gewaar” het nie.

Hulle het by die plaaslike hospitale, klinieke en selfs die lykshuis gesoek. Ook by skuilings vir hawelose mense, maar sonder enige sukses.

“Ons het soveel vrae en steeds geen antwoorde nie. Ons hoop en vermoed steeds dat my skoonpa dalk iewers hier in die Vaaldriehoek deur iemand versorg word, maar na meer as ‘n halwe jaar is ons moedeloos verby,” sê Yolanda Burger.

Die vermiste oom Kobus Burger (84).

Hulle het egter die afgelope naweek weer nuwe hoop gekry, toe ‘n familielid hul gekontak het met die nuus dat sy oom Kobus saam met ‘n jong man in Drie Riviere, Vereeniging gewaar is.

Dit was glo in die omgewing van Pleinstraat. Daar word ook vermoed dat oom Kobus nou anders kan lyk as op die foto wat die familie gebruik om na hom te soek.

Hy is natuurlik nou bietjie ouer en het dalk ‘n baard en ‘n snor. Die familie hoop om ‘n skets van hom te laat saamstel oor hoe hy moontlik nou kan lyk.

“Ek sien die hartseer berig oor die man wat vermis was, en sy oorskot moontlik in ‘n krokodil se pens gevind is. Dit is baie hartseer, maar indien dit wel bevestig word dat dit hy is, kan sy geliefdes darem berusting kry. Ons wonder nog steeds wat aangaan,” sê Yolanda.

Indien daar iemand is wat inligting oor oom Kobus het, kan hul ‘n sms na 078 132 7261 stuur. Yolanda kan nie tydens die dag oproepe aanvaar nie en sal dan later terugskakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button