News

Veekoper bly agter tralies tot vonnisoplegging

Die hof kon geen gronde vind wat sy vrylating hangende vonnisoplegging regverdig nie.

PRETORIA – Die voormalige veekoper Jaco Botha sal voorlopig in aanhouding bly nadat die hooggeregshof in Pretoria sy aansoek om borgtog hangende vonnisoplegging van die hand gewys het.

Botha is laat in Maart skuldig bevind aan die moord op Christian van Tonder, ’n jong boer van Lindley in die Vrystaat.

Wyle Christian van Tonder (29).

Die hof het Dinsdag bevind dat daar nie voldoende omstandighede bestaan wat sy vrylating regverdig nie.

Die moord het volgens die hof voortgespruit uit ’n beweerde veekooptransaksie waarin Van Tonder sowat 30 beeste aan Botha sou verkoop vir bykans R300 000.

Volgens getuienis tydens die verhoor is Van Tonder na ’n afgeleë gebied in Gauteng gelok onder die voorwendsel dat die betaling daar afgehandel sou word.

Van Tonder se liggaam is later in sy bakkie in die Barrage-omgewing aangetref nadat hy geskiet is.

Die hof het verder bevind dat die moord met voorbedagte rade gepleeg is.

Die veroordeelde Jaco Botha in die beskuldigdebank in die hooggeregshof in Pretoria. Foto: Verskaf

Benewens die moordklag is Botha ook skuldig bevind aan veediefstal en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Vonnisoplegging word later vanjaar verwag nadat verdere verslae, insluitend slagofferimpakverklarings, aan die hof voorgelê is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button