Local newsNews

‘n Aand om te onthou

Die Vaaldriehoek is bevoorreg om die Etienne Rousseau Teater te hê wat top kunstenaars soos Ruhan du Toit na die verhoog toe bring.

SASOLBURG – Hy het die gehoor in die holte van sy hand gehou, vandat die eerste note opgeklink het tot sy laaste buiging op die verhoog. Ruhan du Toit se vertoning by die Etienne Rousseau Teater (ERT) Saterdagaand was monumentaal.

Monumentaal is een van Ruhan se vele treffers en mens kon ʼn speld hoor val toe hy dit gesing het. Nie dat die gehoor die heeltyd net geluister het nie. Ruhan weet hoe om die gehoor by sy vertoning te betrek.

Hy het mense aan die lag gehad met sy skerp sin vir humor en dit was ook nie lank nie toe sing almal heerlik saam aan sy FAK liedjie-medley. Van die ou-kraalliedjie tot by ver in die wêreld Kittie en daar kom die Alibama.

Ruhan du Toit het van begin tot einde bekoor by die ERT. Foto: Gerda Bruinette

Natuurlik het sy weergawe van Sound of Silence weer vir hoendervleis oomblikke gesorg. Die gehoor het hoorbaar asem ingetrek met sy meesterlike vertolking van O Sole Mio.

Ruhan het die ERT se personeel geprys vir hul professionaliteit en gesê alles was in plek toe hy die middag opgedaag het vir die klanktoets.

Elmé Coetzee van Vanderbijlpark saam met Ruhan du Toit. Sy sê sy het die vertoning baie geniet. Foto: Gerda Bruinette

Hy het die gehoor bedank dat hul sy vertoning bygewoon het en gesê hulle moet voortgaan om vertonings by te woon, sodat teaters soos die Etienne Rousseau kan oop bly.

Na die vertoning het Ruhan sy aanhangers in die voorportaal gaan groet en geduldig gestaan vir foto’s met ʼn vriendelike woord en glimlag vir al sy aanhangers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button