News

11 vasgetrek vir brandstofdiefstal by Meyerton-aanleg

MEYERTON - Elf verdagtes tussen die ouderdomme van 27 en 46 is gisteroggend by ’n brandstofaanleg in die dorp in hegtenis geneem vir die diefstal van brandstof.

Die operasie is uitgevoer deur lede van die Valke se Taktiese Operasionele Bestuursafdeling (TOMS), die Valke se hoofkantoor se afdeling vir nie-ysterhoudende metale, die Vaal Randse ondersoekeenheid vir ernstige georganiseerde misdaad, die Gautengse verkeerspolisie se lugvleuel, Bidvest Protea Coin se taktiese eenheid en Protea Coin se lugvleuel.

Die Valke se TOMS-lede het intelligensie ontvang oor ’n roof wat by ’n brandstofaanleg in Meyerton sou plaasvind. Die inligting is opgevolg en die gebied is onder bewaking geplaas.

Die verdagtes is op heterdaad betrap. Foto: SAPD

Tydens die bewaking is twee tenkwaens opgemerk wat die perseel binnegegaan het. Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat die aanleg onder administrasie geplaas is.

Daar word verder deur die voorlopige ondersoek beweer dat die sekuriteitspersoneel wat die perseel bewaak, moontlik saam met die nege ander verdagtes gewerk het.

Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

Die 11 verdagtes wat gearresteer is. Foto: SAPD
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button