Local newsNews

‘n Formidabele optog van Smurfies tot Bosch Babies

Dit was 'n vrolike optog voordat daar in erns kaskarresies gehou is. Meer foto's eersdaags in die koerant.

VANDERBIJLPARK – Groot opwinding, baie lag en hope kreatiwiteit vat min of meer die optog vas voor die afskop van Laerskool D.F Malherbe se Kaskar 2026.

Die Boss Babies of dan Bosch Babies – Juffrou Susan Bosch se graad 7’s

Die luggie het koud gebyt, maar glad nie die geesdrif gedemp nie. In en om die skoolterrein was daar nie parkeerplek vir ‘n muis nie. Binne het oumas, oupas, ouers, boeties en sussies die pawiljoen volgesit.

Die Graad R’e was aangetrek as 60/60. Hulle het die optog baie geniet. Foto: Gerda Bruinette

Stiptelik om 17:00 het die graad R-klassies die optog begin voor die hoofpawiljoen verby. Een vir een het die klasse verbygeloop.

Die “ou mense” het op die maat van Die Trein na Pretoria baie stadig aan die optog deelgeneem. Foto: Gerda Bruinette

Elkeen het ‘n tema uitgebeeld en vir elkeen is daar ‘n spesiale liedjie gespeel terwyl hul verbygeloop het. Daar was Smurfies, Minnie Muise, Shrek karakters, Boss Babies aka Bush Babies (hul klasonderwyseres is Susan Bosch), Leeus, 101 Dalmations en Slaapkousies.

As mens sukkel om die blinker-cracker te skiet tydens die optog. Die groep het op Money, Money, Money die veld betree. Foto: Gerda Bruinette
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button