Local newsNews
Vroegoggend stap vir MS-bewusmaking
Die MS Warriors het weer Saterdag dapper die koue aangedurf.

VAALPARK – Rozaan Steyn en haar MS Warriors durf gereeld die teerpad aan vir pretlope.
Saterdag het hul die 4.9km pretloop by die NG Kerk Vaalpark aangedurf.

Hierdie staptog was ekstra spesiaal, want Mei is MS en LUPUS bewusmakingsmaand.
Behalwe vir die staptog, deel Rrozaan elke dag inligting oor MS en LUPUS op MS Hoop se facebookblad.

Dit word in samewerking gedoen met twee LUPUS lyers, Brechtjie Heally van Vereeniging en Ashline Groenewald van Kraaifontein.
Volg gerus MS Hoop op Facebook vir meer inligting oor die twee pynlike, afbrekende outoimuunsiektes wat deur baie misverstaan word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
