Local newsNews

DBV red hond uit drein

Die DBV vra voorstelle vir 'n naam vir die hond wat hul onlangs uit 'n mangat gered het.

VANDERBIJLPARK – Die Diere Beskermingsvereniging (DBV) het laas week ʼn oproep ontvang dat ʼn hond in ʼn drein vasgekeer is. Twee van hul inspekteure, Christine en Eloise, het dadelik gereageer.

Hulle het ʼn bang hond onder in ʼn diep drein gevind. Die mangat se deksel was verwyder en daar word vermoed dat die hond of daar ingeval het of deur iemand ingegooi is.

Die hond onder in die gat. Foto: SPCA Vereeniging/Facebook

Christine het by die donker gat afgeklim. Sy het nie geweet of die hond sou byt of nie, maar sy moes hom red. Volgens die DBV se Facebookblad het die hond egter sy stert begin waai toe hy Christine sien.

Sonder om tweekeer te dink het Christine die hond oor haar skouer getel en weer die moeisame pad na bo gevind, waar Eloice gehelp het om die hond veilig deur die nou opening te kry.

Vrolik nadat hy geëet het. Die DBV soek nou ‘n huis vir hom, en ‘n naam. Foto: SPCA Vereeniging/Facebook

Terug by die DBV het die hond kos gekry en is volledig ondersoek. Hy is vriendelik en het ʼn goeie geaardheid. Aangesien niemand die hond kom soek het nie, het die DBV op hul Facebookblad laat weet dat hul ʼn nuwe huis vir die hond soek.

Totdat hy sy huis gekry het, vra die DBV vir borge om die hond by hulle te kan hou. Donasies kan by https://payf.st/iblx7 gedoen word.  Indien jy graag die hond wil aanneem, kontak die DBV by 016 422 1505.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button