News

Vaal-man se raaiseldood ondersoek

Die familie vermoed moontlike vuilspel, maar die omstandighede word nog ondersoek.

VEREENIGING – Die dood van ’n 43-jarige man van die Vaaldriehoek word ondersoek nadat sy voertuig verlede week uit ’n rivier in die Drie Riviere-omgewing gehaal is.

Jacques Strauss is glo laas op Woensdagaand, 6 Mei omstreeks 23:00 gesien.

Privaatondersoekers glo sy wit Kia Picanto het kort daarna  in die rivier in die Drie Riviere-gebied beland.

Die presiese omstandighede van die voorval is egter nog nie bevestig nie.

Die saak is op 13 Mei by die bekende privaatondersoeker Mike Bolhuis en sy maatskappy, Specialised Security Services (SSS), aangemeld nadat Strauss as vermis aangemeld is.

Lede van die polisie se duikeenheid het die gebied by die rivier fyn gekam, maar kon die voertuig aanvanklik nie opspoor nie weens swaar reën en sterk rivierstroming.

Die voertuig is eers op Donderdag, 14 Mei uit die rivier gehaal, met Strauss se liggaam daarbinne.

SSS het bevestig dat hulle saam met die polisie aan die ondersoek werk, aangesien die familie glo dat moontlike onreëlmatighede tot sy dood kon bygedra het.

Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek. Enigiemand met inligting word versoek om met die ondersoekers die polisie in verbinding te tree.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button