Vaal sangeres in nood na ongelukke hul ry
Eers is haar man beseer in 'n fratsongeluk en toe word die gesin se motor gesteel. Sangeres Landee weet nie watter kant toe nie.
VEREENIGING – Landee, een van die Vaaldriehoek se bekroonde sangeresse, het ʼn moeilike maand agter die rug.
Sy het op 2 Mei by die Countryfees gesing toe ʼn staalhek op haar man geval het. Hy met ʼn ambulans na ʼn staatshospitaal geneem waar hulle 14 uur moes wag voordat hy hulp ontvang het. Hy het onder andere ʼn gekraakte pelvis en het sagte weefsel beserings opgedoen.

Nadat hy ontslaan is kon hy die eerste week glad nie loop nie en moes Landee en haar seuns na hom omsien. Drie weke later en hy kan al baie kort stukke met sy loopraam loop en sit in ʼn rolstoel.
Hy moet dringend gaan vir x-strale om te kyk of alles behoorlik heg. Ongelukkig kon hulle eers ʼn afspraak by die staatshospitaal kry vir 12 Junie. Hy het eers onlangs by sy nuwe werk en het dus nie genoegsame verlof nie. Hy moet dus na ʼn privaat dokter geneem word om seker te maak alles vorder na wense.
Op die stadium moet Landee vir alles betaal en die einde van die maand moet die hus natuurlik betaal word.
Landee het laat weet: “Soos jy weet sing ek vir ‘n lewe en op 15 Mei het ek vertoning gedoen by Lighthouse pub in Vereeniging sodat ek net geld kon inkry om van hierdie onvoorsiene uitgawes te dek. “
Toe tref nog ʼn krisis haar. Die gesin se enigste voertuig is 15 Mei gesteel. Sy het ʼn saak by die polisie geopen en alhoewel sy ʼn saaknommer het, is daar nog geen taal of tyding oor haar gesteelde voertuig nie.

“Nou sit ek in sak en as. Ek weet nie meer watse kant toe nie. My seun het ‘n Back-a-buddy begin, maar dit vorder stadig en met al die uitgawes wat ophoop, is ek moedeloos,” vertel sy.
Indien enige een Landee kan help met donasies of tydelik kan help met die borg van ʼn voertuig, sal dit hoog op prys gestel word. Donasies kan hier gemaak word.
As sy nie by haar vertonings kan uitkom nie, kan sy nie vir haar gesin sorg totdat haar man weer op die been is nie.
