Vaaldriehoek in herfsblare versier
Elke seisoen bring sy eie prag en twee plaaslike inwoners, Danie Strydom en Tia-Maria Fourie, het die mooi van die Vaal vasgevang.
VANDERBIJLPARK – Herfs het ’n baie unieke bekoring wat dalk nie die uitbundigheid van die lente het nie, maar dit vergoed daarvoor met ‘’n diep, rustige ‘n rustige atmosfeer getooi in die mooiste kleure.
Die Vaaldriehoek is tans pragtig – die groen van die somer het plek gemaak vir warm skakerings van goud, koper, diep rooi en amber.
Selfs die lig verander; die son sit laer aan die hemelruim, wat sorg vir sagter skaduwees en daardie “goue uur”-gloed wat vroegoggend en laatmiddag oor die landskap gooi.
Herfs herinner ons bloot daaraan dat die natuur sy eie ritme het, en dat elke fase van ’n lewensiklus – selfs die een wat op pad is na die winter se stilte – sy eie asemrowende oomblikke het.
Jarelange inwoner van Vanderbijlpark, Danie Strydom, het die pragtige foto’s by die Emerald Resort & Casino in Vanderbijlpark geneem.



Tia-Maria Fourie van Vereeniging het die pragtige hersfoto’s aan Vaalweekblad gestuur.



