Local newsNews

Van suurdeegbrood tot by hamburgers

Die VLU se Alpha Tak in Vanderbijlpark is volstoom aan die gang met verskeie projekte.

VANDERBIJLPARK – Die Alpha Tak van die VLU het op 5 Mei weer ‘n interessante byeenkoms gehad.

Jancke Janse van Rensburg het die dames geleer hoe om suurdeegbrood te maak. Rina de Klerk sê dit was ‘n hele proses.

Jancke Janse van Rensburg demonstreer hoe om suurdeegbrood te bak. Foto: verskaf/Rina de Klerk

Jancke het alles stap vir stap verduidelik van hoe om die suurdeeg te maak totdat die varsgebakte brood op die tafel is.

Johan Brits het ook ‘n draai gemaak en die dames wenke gegee oor hoe om beter foto’s te neem.
Verlede week het hul weer vergader vir ‘n hamburger-oggend. Die gasplaat is nadergetrek en daar is ywerig patties gebraai en broodrolletjies gesmeer.

Twee ure later het hulle 150 hamburgers versprei. Intussen het Alpha Tak se ledetal met vier gegroei waaroor hulle baie bly is. Belangstellendes wat by die gawe groep wil inskakel, kan vir Rina skakel by by 083 307 3066.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button