News

Snelweg Hoover Kimberley uiteindelik in Kimberley

Nie alle stories het gelukkige eindes nie, maar van snelweghond tot 'n gemaklike huis is 'n treffer.

SASOLBURG – Sy is ʼn swart en wit hond vol lewe en baie geliefd by die Sasolburg Veearts. Was dit nie vir Dr. Letitia Swartz wat ʼn naweek spandeer het om haar langs die snelweg op pad Sasolburg toe te soek nie, was sy dalk nie vandag meer in die land van die lewendes nie.

Kimberley sê dankie vir Cindy le Roux vir haar nuwe jassie. Foto: Sasolburg Veearts/Facebook

Einde April is sy gekry en is inderhaas na die dierehospitaal geneem waar sy gebad is en die wond aan haar been versorg is.

Kort daarna het die goeie nuus gekom dat sy ʼn nuwe huis het. ʼn Vriendin van Letitia in Kimberley het gesê sy sal die hond aanneem.

Met die nuus, het Vaalweekblad haar dan ook Kimberley gedoop. Sy het vir drie weke by Sasolburg Veearts aangesterk.

Dr. Letitia Swartz en Kimberley kort nadat haar voet verbind is. Foto: Sasolburg Veearts/Facebook

In die tyd het sy in almal se harte gekruip. Cindy le Roux van Vanderbijlpark en eienaar van Nunu’s Nests – Bed pets & attire het selfs vir Kimberley ʼn paar jassies geskenk. Haar nuwe tuisdorp is ʼn koue plek!

22 Mei het haar nuwe mens-ma, Luana Venter vir Kimberley kom haal. Dit was ʼn hartseer-blye dag vir almal wat Kimberley versorg het.

Tuis in haar nuwe huis. Foto: Luana Venter/Facebook

Later die dag het Luana laat weet die rit huis toe was lank, maar Kimberley is klaar gemaklik en tuis in haar nuwe huis.  Intussen is sy ook herdoop en word nou Hoover genoem, want sy wil alles eet wat sy sien.

Dit gaan baie goed met Hoover Kimberley. Sy hou van die ander honde, maar nie van katte nie. en is baie bly vir haar nuwe speelgoed.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button