News

Gratis inskrywing vir Vaalweekblad se Bruid van die Jaar

Al die Bruid van die Jaar-inskrywings sal in Vaalweekblad verskyn en sal ook deurlopend op ons webtuiste te sien wees.

Bruide van die Vaal en omliggende dorpe (Vereeniging, Meyerton, Vanderbijlpark, Sasolburg, Deneysville, Parys, Frankfort en Vredefort) wat in 2026 getroud is, word genooi om aan Vaalweekblad se Bruid van die Jaar-kompetisie deel te neem.

Inskrywings is gratis en soos altyd is daar pryse op die spel.

Ons wil graag met die nuwe bruide in Vaalweekblad spog.

Bruide kan hul mooiste troufoto (alleen of as troupaar) met die nodige inligting (julle name en van, van watter dorp julle is, en wanneer julle getroud is) aan Penelope by penny@mooivaal.co.za stuur.

Hier is van die nuutste inskrywings.

Nickolai en Andrea van Aswegen van Parys is op 7 Maart getroud.
Carla en JP Botha van Vaalpark is op 25 April getroud.
André en Chanél Nagel van Meyerton is op 4 April getroud.
Lizelle en Jacques du Plessis van Meyerton is op 10 April getroud.
Shane-Ann en Desmond Lamont van Vereeniging is op 30 April getroud.
Christiaan en Sonica de Smidt van Vereeniging is op 17 Januarie getroud.
Zelda en Dean Bekker van Meyerton is op 28 Februarie getroud.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button