News

Brandweer leer kleuters oor brandveiligheid

Midvaal-brandweer het Disa-kleuters op ’n prettige en praktiese manier geleer hoe om veilig te bly wanneer ‘n brand ontstaan.

MIDVAAL – Daar was op 19 Mei ‘n atmosfeer van opgewondenheid by Disa Pre-primêre Skool in Meyerton toe lede van die Midvaal-brandweer, saam met ER24, die skool besoek het om leerders oor brandveiligheid te leer.

Die kinders het die geleentheid gekry om brandbestryders te ontmoet, noodtoerusting van nader te bekyk en meer te leer oor hoe die brandweer in noodsituasies werk.

‘n Midvaal-brandbestryder wys vir klein Caleb Gouws van Disa Pre-primêr hoe noodtoerusting werk tydens ’n brandveiligheidsbesoek by die skool op 19 Mei. Foto: Verskaf

As deel van die program is basiese brandveiligheidswenke gedemonstreer, insluitend die “Stop, Val en Rol”-tegniek.

Plakkate wat tydens die besoek vertoon is, het die boodskap versterk: “Stop! Moenie hardloop nie – dit sal die vuur erger maak. Val! Gaan plat op die grond. Rol! Rol oor en oor om die vlamme te help blus.”

Leerders het ook ’n demonstrasie van brandtoerusting en -uitrusting gekry, wat hulle ’n beter begrip gegee het van hoe brandbestryders op noodgevalle reageer.

Die besoek val saam met Internasionale Brandbestrydersdag wat jaarliks op 4 Mei herdenk word om die dapperheid, toewyding en opoffering van brandbestryders wêreldwyd te vereer.

*Vir noodgevalle in Meyerton kan die brandweer gekontak word by 016 360 7500/3.

Lede van die Midvaal-brandweer lewer ‘n demonstrasie vir leerders van Disa Pre-primêre Skool in Meyerton. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button