Local newsNews

Kolskoot vir SHS se boogskutters

Hoërskool Sasolburg se boogskutters het die naweek hul staal gewys in Kroonstad en met verskeie medaljes huis toe gekom.

SASOLBURG – Hoërskool Sasolburg High School se boogskutspan het hulself die naweek oortref. Hulle het aan ʼn toernooi by die Hoërskool Trion in Kroonstad deelgeneem.

Haley Hale het drie medaljes verower. Foto: Hoërskool Sasolburg High School/Facebook

Haley Hale het silwer, goud en hoëgoudmedaljes losgeskiet, terwyl Nhlanhla Phangisa ook goud en ʼn hoë silwer medalje verdien het. Ulrich Vermaak het silwer gekry en Oliver Booysen en Mighael Lourens het albei met brons weggestap.

Nhlanhla Phangisa by sy teikenbord. Foto: Hoërskool Sasolburg High School/Facebook

SHS het op hul Facebookblad die span geluk gewens met hul uitstekende prestasies. “Ons is baie trots op die leerders vir hul toewyding, harde werk en uitstekende prestasies. Dankie dat julle ons skool met trots en uitnemendheid verteenwoordig!”

Ulrich Vermaak het silwer verower. Foto: Hoërskool Sasolburg High School/Facebook
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button