News

Polisie besoek Disa Pre-Primêr

Polisie het vroeër vandeesmaand Disa Pre-Primêr besoek om kinders op ’n speelse manier belangrike veiligheidslesse tydens Kinderbeskermingsmaand te leer.

MEYERTON – Die polisie het op 7 Mei ’n bewusmakingsbesoek aan Disa Pre-Primêre Skool afgelê as deel van Kinderbeskermingsmaand, wat toegespits is op die beskerming van kinders teen mishandeling, verwaarlosing en uitbuiting.

Die besoek het gefokus op basiese veiligheidswenke vir kleuters, insluitend wanneer en hoe om hulp te soek indien hulle bang of onseker voel.

‘n Polisielid gesels met ‘n leerder van Disa Pre-Primêr tydens hul besoek aan die skool. Foto: Christiaan Cloete

Polisielede het die leerders ook verduidelik van hul rol in die gemeenskap en beklemtoon dat die polisie beskikbaar is om kinders te help wanneer ouers, voogde of onderwysers nie naby is nie.

Die kinders is ook gewaarsku om nooit saam met vreemdelinge te gaan nie en altyd by ’n volwassene met wie hulle vertoud is te bly.

Leerders van Disa Pre-Primêr, gretig om ‘n polisiebeampte se vrae te beantwoord. Foto: Christiaan Cloete

Die leerders is verder aangemoedig om die polisie se noodnommer 10111 te onthou en te gebruik in noodgevalle.

Die inisiatief vorm deel van die polisie se landwye veldtog gedurende Kinderbeskermingsmaand om veiligheidsbewustheid onder jong leerders te versterk.

Leerders van Disa Pre-Primêre Skool luister aandagtig na polisiebeamptes tydens die polisie se besoek aan die skool. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button