Local newsNews

Bikers gee, VF Plus deel uit

Die 2026 Winter Drive was 'n sukses. Die dag word jaarliks gereël deur die Centurions MC, die Old School Bikers Social Riding Klub en die VF Plus.

VANDERBIJLPARK – In Sharky Town se parkeerterrein staan ‘n baie ou, groot boom. Sou die boom kon praat sal daar seker boeke geskryf kan word oor alles wat dit al gesien en beleef het.

Deon en Grant Samson kry die wors vroeg op die rooster. Foto: Gerda Bruinette

Sondag het daar weer ‘n rare skare in sy koelte vergader. Bikers van verskeie motorfietsklubs in hul klub colours en VF Plus-lede in hul kenmerkende groen T-hemde het in die koelte gekuier.

Vrywilligers het die week gehelp om die klere en kos te sorteer. Agter is raadslid Cobus Cato, Gert Jordaan en Magda Eloff. Voor: Ernest Eloff, Robert Cato, Dorene Jordaan en raadslid Julio Agrella . Foto: Gerda Bruinette

Die reuk van pannekoek en gebraaide wors het in die lug gehang. Binne het die hoop kos, klere en komberse al hoe groter geword. Die donasieboks het die rondte gedoen en is mildelik ondersteun. Alles vir liefdadigheid.

Colin Dee in aksie by hierdie jaar se Winter Drive. Foto: Gerda Bruinette

Die middag het Colin Dee, Karlien Husselman, haar man Andy McGee en die Kannie Warries Dansorkes vir top vermaak gesorg.

Die klere en komberse is Maandag sorteer en Dinsdag het verskeie instansies en individue klere kom haal.

VF Plus raadslede Cobus Cato en Julio Agrella ruim die swart sakke op nadat die klere gesorteer is. Foto: Gerda Bruinette

Dit wat oor gebly het, is aan drie van die Afrikaanse kerke geskenk vir hul klerebanke. Die kospakkies is Woensdag opgemaak.

Raadslid Cobus Cato het almal bedank wat bygedra het tot die sukses van hierdie jaar se winterinsamelingsveldtog.

Corene Jordaan en Magda Eloff sorteer die komberse wat geskenk is. Foto: Gerda Bruinette
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button