News

Nog Bruid van die Jaar-inskrywings

Inskrywings vir Vaalweekblad se Bruid van die Jaar-kompetisie is gratis en soos altyd is daar pryse op die spel.

Bruide van die Vaal en omliggende dorpe (Vereeniging, Meyerton, Vanderbijlpark, Sasolburg, Deneysville, Parys, Frankfort en Vredefort) wat in 2026 getroud is, word genooi om aan Vaalweekblad se Bruid van die Jaar-kompetisie deel te neem.

Ons wil graag met die nuwe bruide in Vaalweekblad spog.

Bruide kan hul mooiste troufoto (alleen of as troupaar) met die nodige inligting (julle name en van, van watter dorp julle is, en wanneer julle getroud is) aan Penelope by penny@mooivaal.co.za stuur.

Al die inskrywings sal in Vaalweekblad verskyn en sal ook deurlopend op ons webtuiste te sien wees.
Hier is van die nuutste inskrywings.

Amoré en Kobus de Wet van Frankfort is op 25 April getroud.
Marnus en Anneke van der Merwe van Parys is op 2 Mei getroud.
Armant en Lee-Mari van Deventer van Frankfort is op 21 Maart getroud.
Leonard en Poppie Gleave van Vereeniging is op 24 Januarie getroud.
Jeanne-Marie en Wian Koekemoer van Vereeniging is op 25 April getroud.
Talisha en Herman van der Westhuizen van Sasolburg is op 7 Februarie getroud.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button