News

Verdagtes probeer SAPD-lede met R900 omkoop

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se landwye #OperationShanela2 het sy stryd teen misdaad verder verskerp. Dit het gelei tot die arrestasie van 14 634 verdagtes tussen 18 en 24 Mei 2026.

Gedurende dieselfde tydperk het SAPD-speurders daarin geslaag om 2 625 gesoekte verdagtes vas te trek.

Hierdie verdagte persone word verbind met ernstige en gewelddadige misdade, insluitend moord, verkragting, poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, motorkapings en gewapende roof.

In die Vaal

In ‘n reuse-deurbraak teen georganiseerde misdaadsindikate het die polisie beslag gelê op 123 999 onwettige tabakprodukte landwyd.

Dit sluit 1 200 dose onwettige sigarette met ‘n beraamde waarde van meer as R7,4 miljoen in, wat in Limpopo, die Vrystaat en Sedibeng gekonfiskeer is.

Die vernaamste beslagleggings sluit in:

Polokwane: 102 dose ter waarde van R600 000.

Zamdela: 499 dose ter waarde van R3,1 miljoen (waar verdagtes glo selfs probeer het om polisiebeamptes met R900 om te koop).

Sedibeng: 599 dose ter waarde van R3,7 miljoen.

Altesaam 42 verdagtes is in hegtenis geneem vir die besit en verspreiding van onwettige sigarette.

Dit onderstreep die SAPD se vasberadenheid om die sindikate agter die onwettige tabakhandel te ontmantel.

Die eerste fase van #OperationShanela2 (in Vereeniging, Sharpeville en Sebokeng) het op 28 Mei afgeskop toe die provinsie se speurders begin het met die opsporing van gesoekte verdagtes.

Die span het uitstekende sukses behaal deur 953 voortvlugtige verdagtes vas te trek. Hierdie persone het gevlug nadat hulle verbind is met ernstige misdade soos moord, poging tot moord, verkragting, roof en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

‘n Totaal van 223 van hierdie inhegtenisnemings hou direk verband met geslagsgebaseerde geweld (GGV). Boonop het die speurders se deeglike werk reeds gesorg vir ‘n gekombineerde 60 jaar gevangenisstraf in verskeie sake.

Voertuie word deusoek tydens die plaaslike padblokkades wat gehou is. Foto’s: SAPD

Padblokkades en skoolbesoek

Die Gautengse Provinsiale Kommissaris, luitenant-generaal Tommy Mthombeni, lei tans ‘n multidissiplinêre padblokkade in die gebied.

Tot dusver is meer as 70 mense vir verskeie oortredings in hegtenis geneem, waaronder:

  • 55 onwettige immigrante
    Sewe persone vir die besit van en handel in dwelms
    Twee vir die verkoop van drank sonder ‘n lisensie

‘n Polisiespan het ook skole besoek en deursoekings gedoen om die veiligheid van leerders te verseker. Verskeie skerp voorwerpe is gekonfiskeer, en die leerders is ook toegespreek oor veiligheid en misdaadvoorkoming.

Sewe persone is in hegtenis geneem vir die besit van en handel in dwelms.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button