Local newsNews

Nog geen nuwe burgemeester vir Emfuleni

Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit kon nou al twee keer nie raadsvergaderings hou nie, omdat ANC-lede nie opdaag vir die vergadering nie.

VANDERBIJLPARK –  ’n Nuwe burgemeester moes gister verkies word nadat die ANC die vorige burgemeester, Sipho Radebe, op 29 Mei amptelik herroep het.

Rdl. Gerda Senekal van die VF Plus het in ‘n mediaverklaring gesê:

“Die ANC het erken dat Radebe herroep is weens die grootskaalse ineenstorting van basiese dienste en ’n algemene gebrek aan goeie bestuur.

Binnegevegte binne die ANC in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) het daartoe gelei dat die raad vir ‘n tweede agtereenvolgende keer nie kon vergader nie weens ‘n gebrek aan ʼn kworum.

Gedurende die raadsvergadering op 28 Mei kon geen kworum bereik word nie omdat ANC-raadslede nie opgedaag het nie. Die vergadering is na 2 Junie uitgestel, maar daar kon weer nie ‘n kworum bereik word nie weens ’n boikot deur ANC-raadslede.

Die Munisipale Strukturewet is nie heeltemal duidelik oor die presiese volgende stappe nie, maar dit word aangevoer dat die munisipale bestuurder, April Ntuli, die afwesigheid van raadslede moet aanmeld

Raadslede wat sonder geldige rede van vergaderings wegbly, oortree die gedragskode en kan dissiplinêr verhoor of beboet word.

Daar is nog geen nuwe datum vir ’n opvolgvergadering aangekondig nie.

Die VF Plus het voormalige burgemeester Radebe voortdurend onder druk geplaas oor die swak bestuur van Emfuleni, insluitend onbegaanbare paaie, minimale vullisverwydering, onvoldoende water- en kragvoorsiening, riool wat in riviere beland en swak finansiële bestuur.

Die VF Plus verwelkom die gedwonge bedanking van die burgemeester, maar indien sy opvolger weer uit ANC-geledere kom, sal die situasie waarskynlik nie verbeter nie.

Die tyd het nou aangebreek dat elke kieser moet registreer om op 4 November te stem en die ANC permanent uit die regering van Emfuleni te hou.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button