News

Overvaal 1ste span klop Dr. Malan in naelbytstryd

’n Vasberade Overvaal het kop gehou en met ’n welverdiende sege weggestap.

VEREENIGING – Hoërskool Overvaal se eerste rugbyspan het 23 Mei ’n harde maar verdienstelike 17–10-oorwinning oor Hoërskool Dr. Malan behaal in ’n kragmeting wat deel was van hul skuif na ’n hoër liga.

Dit was ’n besondere dag vir die Valies, wat vir die eerste keer teen Dr. Malan kragte gemeet het, ’n skool wat aansienlik groter is en sterk fisieke teenstand gebied het.

Hardus van der Linde (links) en Hanru Fouche (regs) van Connor Elley van Hoërskool Dr. Malan werk saam om Hoërskool Overvaal se Connor Elley grond toe te bring. Foto: Christiaan Cloete

Volgens Overvaal het die dag nie sonder uitdagings begin nie, met probleme rondom noodhulpreëlings wat sekere logistiek vertraag het.

Die skool het egter verantwoordelikheid aanvaar en om verskoning gevra vir enige ongerief.

Ten spyte daarvan het die spelers op die veld hul fokus behou en met deursettingsvermoë en karakter die wedstryde aangepak.

Siya Nhlapho weer ‘n speler van die Hoërskool Overvaal af. Foto: Christiaan Cloete

Van die ses Overvaalspanne wat gespeel het, het drie as wenners van die veld gestap, met die eerste span se naelbytoorwinning as hoogtepunt van die dag.

Buiten die rugby het die halftyd-vertoning deur die cheerleaders groot indruk gemaak en vir ekstra atmosfeer langs die veld gesorg.

Brooklyn Mitchell wys hoe dit gedoen word tydens dien halftydvertoning. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button