Local newsNews

Hoekie deur na ATKV Redenaars Finaal

Die ATKV Redenaarskompetisie 2026 staan einde se kant toe. Met die semi-finale agter die rug, is een Hoekie se oë gerig op die finaal.

VANDERBIJLPARK – Hoërskool Driehoek is trots op hul leerders wat in die ATKV-redenaarskompetisie presteer het. Ses Hoekies het onlangs aan die Gauteng-Oos semifinale in Benoni deelgeneem.

Daar het Jowan Kemp (Gr. 9) uitstekend gevaar. Hy het deurgedring na die landsfinaal wat op 4 en 5 Augustus by ATKV Klein-Kariba plaasvind. Jowan gaan in die huistaal voorbereide en onvoorbereide kategorieë deelneem.

Inamari van Dyk (Gr 8) het ʼn skitterende vierde plek in die Top 10 vir huistaal onvoorbereid behaal, terwyl Maarten van Helden (Gr. 9) die vyfde plek vir huistaal onvoorbereid ingeneem het.

HS Driehoek het op hul Facebookblad gesê: “Ons is HOEKIE-trots op hierdie leerders wat ons met trots verteenwoordig! Sterkte aan Jowan met die voorbereiding vir die landsfinaal.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button