Local newsNews

Gewapende rowers slaan toe by Sasol-vulstasie in Duncanville

Vaal word deur misdadigers geteiken.

VEREENIGING – Die Vereeniging-polisie ondersoek ’n saak van besigheidsroof ná ’n voorval wat in die vroeë oggendure van Donderdag 4 Junie by ’n Sasol-vulstasie op Houtkopweg in Duncanville, langs Century Electrical, plaasgevind het.

Volgens inligting was ’n 29-jarige petroljoggie aan diens toe ’n silwergrys Toyota Corolla met drie verdagtes omstreeks 04:45 by die vulstasie aangekom het.

Polisiewoordvoerder, sersant Thembeka Maxambela, het gesê die verdagtes het aanvanklik brandstof gekoop en die perseel verlaat, maar ’n paar minute later, omstreeks 04:51, het dieselfde voertuig teruggekeer.

“Een van die verdagtes, wat na bewering met ’n handwapen gewapen was, het die petroljoggie gekonfronteer en gasbottels geëis.

Die ander verdagtes het die gasstoorhok met geweld oopgemaak en dertien 9 kg-gasbottels in die voertuig gelaai voordat hulle van die toneel gevlug het,” het sy gesê.

Agt leë en vyf vol 9 kg-gasbottels is tydens die roof gesteel.

Maxambela het bevestig dat die gesteelde eiendom uit agt leë en vyf vol 9 kg-gasbottels bestaan met ’n geraamde waarde van R6 460.

Geen skote is tydens die voorval afgevuur nie en geen beserings is aangemeld nie.

“Die voorval is later dieselfde aand by die Vereeniging SAPD aangemeld,” het sy gesê.

Polisieondersoeke is aan die gang om die verdagtes te identifiseer en op te spoor. Enigiemand met inligting wat die ondersoek kan help, word versoek om die Vereeniging SAPD of die Misdaadstop-nommer 08600 10111 te kontak.

Inligting kan ook anoniem deur die MySAPS-toepassing verskaf word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button