Huldeblyk aan die legendariese Koos Doep
Daar was net een Koos Doep. 42 Jaar na sa afsterwe in 'n motorongeluk, weerklink sy musiek steeds. 'n huldeblyk aan hom eersdaags by die ERT.
SASOLBURG – Koos du Plessis was liedjieskrywer, sanger en joernalis. Sy musiek spreek boekdele en elke lied van hom is ‘n meesterstuk. Die man kon eenvoudig net met woorde toor.
Koos Doep soos wat mense hom geken het en steeds na hom verwys is in 1984 in motorongeluk oorlede. Sy musiek het egter bly voortleef en deur die jare het verskeie kunstenaars, soos Mathys Roets en Theuns Jordaan, keer op keer weer Koos Doep se musiek nader getrek en gesing.
Almal ken Kinders van die wind, Sprokie vir ‘n stadskind, Somerkersfees en Kouevuur. Op 21 Junie herleef sy musiek weereens in die Etienne Rousseau Teater in Sasolburg. Skielik is jy vry – ‘n Huldeblyk aan Koos du Plessis is ‘n produksie wat onder leiding van Johan Erasmus aangebied word.
Die kunstenaars wat gaan optree is:
Johan Erasmus (Bariton; klavier, kitaar en trekklavier)
Anneke Moolman (sopraan)
Gerda van Moerkerken (sopraan)
Elsa Boshoff (Verteller)
Riaan Lotz (viool)
Peter Rademan (kitaar)
Johann Erasmus (tromme)
Zunica Ermel (baskitaar)
Vidette de Lange (Powerpoint)
Teks: Suzanne le Roux en Johan Erasmus
Die program is gelaai met Koos Doep se grootste treffers van Swerwers tot by Gebed en Skielik is jy vry.
Die eenmalige vertoning vind plaas op Sondag, 21 Junie om 15:00. Kaartjies is beskikbaar teen R180 – R200 per persoon. Kontak Quezanne (071 331 0930) om kaartjies te koop. Kos- en peuselhappiebestellings: https://ert.civicmon.co.za/order/5.