Local newsNews

Kinderwelsyn Vanderbijlpark benodig jou hulp

Help Child Welfare Vanderbijlpark sodat hulle kinders in nood kan red en beskerm. Lees hier hoe jy kan help.

VANDERBIJLPARK – Die wêreld het mal geword en dis die kinders wat ly. Organisasies soos Child Welfare SA doen wat hul kan om soveel as moontlik kinders te help. Ongelukkig is die fondse nie altyd daar om die beste diens wat hul kan gee te gee nie.

Die stelsel maak dit reeds moeilik vir hulle om elke kind in nood te kan help, maar nou kortwiek finansies hul ook.

Foto verskaf/Magda de Man

Magda de Man sê elke donasie wat hul ontvang help hul om kinderbeskermingsdienste te bied, families in krisis te ondersteun en mishandeling en verwaarlosing te ondersoek. Wanneer Kinderwelsyn hul werk 100% kan uitvoer, dan is daar hoop vir kinders wat dit die meeste nodig het.

Daarom vra hul vir mense om R100 te skenk. Hulle poog om 500 mense te kry wat hul harte en beursies sal oopmaak vir kinders in nood.

Wanneer hul 500 donasies bereik het, sal hul een van die donateurs se name trek en die persoon sal dan R5 000 wen.

Donasies kan elektronies oorbetaal word by:

Bank: FNB

Rekening: Child Welfare South Africa

Rekeningnommer: 51295041367

Verwysing: 500 for 100

Om in aanmerking te kom vir die gelukkige trekking, WhatsApp bewys van betaling na 078 960 8073.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button