News

GPF-lid sterf nadat sy tydens padblokkade deur voertuig getref word

Die voorval het plaasgevind terwyl lede besig was om die padblokkade op te ruim.

VANDERBIJLPARK – ’n Lid van die plaaslike Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) is Saterdagaand dood nadat sy tydens ’n padblokkade op die R42 (Barrageweg) deur ’n voertuig getref is.

Volgens inligting wat ontvang is, het die voorval by ’n padblokkade van die polisie se Operasie Shanela plaasgevind in ’n gebied langs die Barrageweg waar daar verskeie motorhandelaars is.

Die oorledene is geïdentifiseer as Dalena Willeboordse (53), wat onder haar radio-roepsein “A Angel DW1” bekend was.

’n GPF-lid wat op die toneel was, het vertel dat lede besig was om die padblokkade af te slaan toe die voorval gebeur het.

Ons was besig om die padblokkade af te slaan toe die bestuurder haar tref.

“Ons was besig om die padblokkade af te slaan toe die bestuurder, wat na bewering onder die invloed van alkohol was, in een van die GPF-lede en ook ’n polisievoertuig ingejaag het. Sy was besig om op te pak toe hy haar tref. Sy is op die toneel dood.

“Dit was skokkend om te aanskou. Ons het die hele voorval gesien,” het die lid gesê.

Vaalweekblad verneem die bestuurder is ná die voorval in hegtenis geneem. Volgens inligting wat ontvang is, word bewerings dat hy moontlik onder die invloed van alkohol bestuur het, ondersoek.

Die polisie het teen publikasietyd nog nie amptelik besonderhede oor die voorval bekend gemaak nie, en die ondersoek duur voort.

Dit was skokkend om te aanskou.

Lede van die polisie en die GPF sal Sondag om 18:00 vir ’n parade byeenkom, waarna hulle in ’n konvooi na die toneel van die voorval sal vertrek vir ’n kransleggingseremonie ter nagedagtenis aan Willeboordse.

Haar dood het skokgolwe deur die plaaslike gemeenskap en veiligheidsgeledere gestuur, waar sy bekend was vir haar diens en betrokkenheid by gemeenskapsveiligheid.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button