Gunther het almal in skaakmat
Veels gleluk aan Gunther Mittermaier en die res van HS Driehoek se skaakspelers met jul uitstekende prestasies die jaar.
VANDERBIJLPARK – Gunther Mittermaier is onlangs gekroon as beste manlike skaakspeler vir Sedibeng Skaak o18. en as Sedibeng Skaak Victor Ludorum. Dit volg na Hoërskool Driehoek se uitstekende skaakspel die jaar.
Die skool het onlangs by die Sedibeng Skaak-prysuitdelingsfunksie met verskeie louere weggestap.

In die Sedibeng Vaal Skoleskaakliga het hul as die beste o15 en o19 spanne geseëvier. In die GDO Distrik 8 Skoleskaak is die Hoekies as die best o19-span aangewys.
Hannah Campher, Mila Visser en Gunther Mittermaier het ook hul medaljes en sertifikate ontvang vir hul uitstekende prestasies by die Suid-Afrikaanse Junior Geslote Skaakkampioenskappe.

Hoërskool Driehoek het op hul Facebookblad die skaakspanne gelukgewens en gesê: “Baie geluk aan elke speler, afrigter en ondersteuner wat deel is van hierdie besondere prestasies! Julle harde werk maak ons ongelooflik trots!”
