News

Motorsiste gewaarsku oor die ’20 km/h-reël’

Die oorskryding van die spoedgrens speel 'n groot rol tydens 'n versekering-eis ná ’n ongeluk.

Bestuurders in Suid-Afrika is gewaarsku dat die oorskryding van die spoedgrens ernstige gevolge kan hê wanneer hulle ’n versekering-eis ná ’n ongeluk indien.

Dit is volgens Edite Teixeira-McKinon, hoofombud van die skadeversekeringsafdeling by die Nasionale Finansiële Ombudskema van Suid-Afrika (NFO).

Teixeira-McKinon sê motorsiste onderskat hoe versekeringsmaatskappye spoed in ag neem by die beoordeling van motorongeluk-eise in Suid-Afrika.

Versekeringsmaatskappye volg byvoorbeeld gereeld die sogenaamde “20 km/h-reël”.

Dit bepaal dat as jy die spoedgrens met 20 km/h of meer oorskry, jou versekeringseis vir ‘n motorongeluk verwerp kan word.

Sy het verduidelik dat Suid-Afrika een van die hoogste padsterftesyfers ter wêreld het, en dat elke botsing uiteindelik lei tot hoër herstelkoste en duurder versekeringspremies vir alle polishouers.

Indien daar vasgestel word dat spoed die oorsaak van ’n ongeluk was, sê sy sal versekeraars dikwels uitgelaat-klousules soos ‘n gebrek aan “redelike sorg” (due care) opper om die eis dadelik te verwerp.

In kort: Hou dus by die spoedgrens vir veiligheid én versekeringdoeleindes.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button