News

Bekende in musikale-kringe na kort siekbed oorlede

Hoewel Willie Bosschieter se aardse musiek stilgeword het, sal die mooi melodieë wat hy in ander se lewens agtergelaat het, nog lank gekoester word.

VANDERBIJLPARK – “Music is what feelings sound like.” Dié lewensleuse spreek boekdele oor die passievolle lewe van Willem ‘Willie’ Bosschieter (57), bekende plaaslike sakeman en musikant wat op 7 Junie na ’n kort siekbed oorlede is.

Willie is in Vereeniging gebore, maar was die afgelope 30 jaar ’n huishoudelike naam in die streek as die eienaar van die musiekwinkel Musicland in Vanderbijlpark.

As jy ’n musikant in die Vaaldriehoek is, het jou pad heel moontlik een of ander tyd met syne gekruis.

Sy gesondheid het onlangs vinnig agteruitgegaan nadat hy met Fase 4-leukemie en sepsis gediagnoseer is.

Wyle Willie Bosschieter (57) van Vanderbijlpark.

“Baie mense het hom geken en ons fone gaan mal met boodskappe wat instroom. Ons wil net as gesin baie dankie sê vir almal se hulp, omgee en ondersteuning gedurende hierdie hartseer tyd,” sê sy dogter, Anuske Hugo.

Musicland word nou deur die derde generasie van die familie voortgesit. Willie laat sy vrou Annelie, dogter Anuske, seun Wian, kleindogter Wernuske, skoonseun Werner, sy ma, twee susters en ’n broer agter.

Sy roudiens vind Saterdag, 13 Junie, by die Vaalrivier-gemeente in Vanderbijlpark plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button