News
Ou reus word van kant gemaak in CW6
Dit was natuurlik tot groot hartseer en teleurstelling van die omwonende inwoners.
VANDERBIJLPARK – Die dae van die ou reus op die hoek van Turnerstraat en Faraday Boulevard is stadig maar seker om tot ’n einde gekom.
Teen 14:00 was munisipale werkers besig met kettingsae om die magtige boom, stuk vir stuk, plat te saag.
Teen 16:30 was die takke wat afgesaag was verwyder. Volgens die werkers sal hulle môre voortgaan om die boom af te saag.
Luidens die werkers op die toneel was hierdie drastiese stap noodsaaklik ter wille van padveiligheid.
’n Bekende baken sal binnekort daarmee heen wees. Totsiens ou grote!


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!