News

ELM publiseer lasverminderingskedule

So word die verskillende areas in sy opvangsgbied geraak.

Inwoners en sakeondernemings binne die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit word aangemoedig om hulself vertroud te maak met die munisipaliteit se jongste lasverminderingskedule wat van Mei tot Augustus 2026 van krag is.

Volgens ’n kennisgewing wat deur die munisipaliteit uitgereik is, is Emfuleni versoek om deel te neem aan ’n interne beurtkrag- en lasverminderingsprogram. Die skedule is opgestel om aan te dui watter gebiede moontlik geraak kan word en op watter tye, terwyl die verskillende fases die hoeveelheid elektrisiteit aandui wat van die netwerk verwyder moet word.

Die munisipaliteit waarsku dat skakeltye met enkele minute kan verskil en dat nie alle verbruikers in ’n betrokke gebied noodwendig ’n kragonderbreking sal ervaar nie. Dit is omdat slegs die vereiste hoeveelheid elektrisiteit, soos benodig, van die netwerk verwyder sal word.

Inwoners word aangemoedig om die munisipaliteit se amptelike kommunikasieplatforms gereeld te raadpleeg om vas te stel of hul gebied vir lasvermindering geskeduleer is en om op hoogte te bly van enige veranderinge of opdaterings.

Die volledige lasverminderingskedule, insluitend die lys van gebiede wat geraak kan word en die betrokke tye, is beskikbaar op die amptelike Facebook-blad van Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit. Lede van die publiek word versoek om die blad te besoek om te bepaal of hul gebied geraak word en om die nodige voorbereidings vir moontlike kragonderbrekings te tref.

Munisipale amptenare het inwoners ook versoek om elektrisiteit verantwoordelik te gebruik gedurende hierdie tydperk om druk op die netwerk te help verminder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button