News

Kokaïene by Durban-hawe gekonfiskeer

Die beslaglegging volg op nog ’n groot kokaïenvonds by dieselfde hawe drie dae vantevore.

TSHWANE – Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) sê hy het, in samewerking met die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoeke (Valke), op 30 pakkies kokaïen by die hawe van Durban beslag gelê.

Die onderskepping aan die KwaZulu-Natalse kus volg op die ontdekking van sowat 90 kg kokaïen in masjienerie wat van Brasilië af ingevoer is drie dae gelede.

SARS sê die gevalle dui op volgehoue pogings deur georganiseerde misdaadgroepe om dwelms deur Suid-Afrika se handelsroetes te smokkel, wat deur gekoördineerde wetstoepassing teengestaan word.

’n Houerskip uit Suid-Amerika is met behulp van intelligensie-gedrewe risiko-analise vir inspeksie in Durban geïdentifiseer. Die Durbanse Doeane-span het die skip deursoek en ’n houer onder die waterlyn gevind.

Tydens die inspeksie is dele van die houerstruktuur ontdek, wat tot ’n meer deeglike soektog gelei het.

Dit het gelei tot die ontdekking van versteekte dwelms, wat as kokaïen bevestig is. Die dwelms is met behulp van snuffelhonde en gefokusde inspeksies gevind en gekonfiskeer.

SAID sê die operasie was ‘n sukses danksy verskeie instansies wat saam gewerk het en intelligensie met mekaar gedee het.

Die organisasies sê hulle sal beheer by hawens verder verskerp om georganiseerde misdaadnetwerke te ontwrig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button