Local newsNews
‘n Nuwe danstreffer vir Colin Dee
Die Vaaldriehoek se Colin Dee het 'n nuwe enkelsnit, Kom terug na my Belinda, vrygestel. Kyk en luister dit hier.
VEREENIGING – Colin Dee word gereeld op plaaslike radiostasies gehoor en is ‘n bekende gesig by Countryfeeste. Die man sing egter nie net Country-musiek nie.
Elke keer as hy ‘n Afrikaanse enkelsnit vrystel geniet sy aanhangers dit dadelik.
Sy jongste enkelsnit, Kom terug na my Belinda, is ʼn lekker luister liedjie wat die voete laat jeuk.
Die opgewekte liedjie volg kort op die hakke van Colin se ander treffer, My wens vir jou.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
