News

Skenk asb. ‘n kombers aan DBV

'n Warm, sagte kombers klink na iets eenvoudigs, maar dit dra daartoe by dat diere in die sorg van die DBV lekker warm en veilig kan slaap. 

VEREENIGING – Die winter is hier en Valies ervaar reeds kouer dae as wat die tyd van die jaar verwag word.

Terwyl mense hul lekker warm baadjies aantrek, of voor die verwarmers ontspan is daar baie diere in die Vereeniging Diere Beskermings Vereniging (DBV) vir wie daar voorsorg getref moet word tydens die koue aande.

“Ons is so dankbaar vir die ondersteuning, maar op die oomblik raak ons voorraad weer min. Met soveel honde en katte in ons sorg, en die koue wat nou behoorlik intrek, het ons dringend komberse nodig om hulle warm, droog en gemaklik te hou,” sê Marlien de Klerk, bestuuder van die plaaslike DBV. 

“Elke kombers maak ‘n verskil.”

So kan jy help

* Skenk ’n kombers (of twee) deur dit by die DBV af te laai (verkieslik komberse wat gewas en hergebruik kan word – asseblief nie die grys PEP-komberse nie, aangesien hulle nie gewas kan word nie).

* Maak ’n finansiële bydrae, en hulle sal komberse namens jou koop.

Afleweringsadres

DBV Vereeniging, Generaal Smutsstraat 66, Duncanville.

Bankbesonderhede

Rekeningnaam: Vereeniging SPCA
Rekeningtipe: ABSA Spaarrekening
Rekeningnommer: 9258578888
Tak: Vereeniging
Takkode: 632005
Verwysing: Blankets & jou naam

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button