News

Bakkie tref boom in Rutherford Boulevard

Daar was baie gespiegelinge onder die omstanders, maar daar kon nie bevestig word wat presies tot die ongeluk gelei het nie.

VANDERBIJLPARK – ‘n Bestuurder wat beheer oor sy voertuig verloor, ‘n boom getref en op sy sy tot stilstand gekom het, het Woensdagmiddag heelwat belangstelling gelok.

Die ongeluk, waarin net een voertuig betrokke was, het omstreeks 15:00 in Rutherford Boulevard gebeur.

Albei insittendes, ‘n man en ‘n vrou, het gelukkig slegs ligte beserings opgedoen.

Nooddienste was vinnig op die toneel om beheer oor die situasie te neem.

Die voertuig word deur ‘n insleepdiens weer op sy wiele getrek, waarna dit uit die pad verwyder is. Aan die boom heel links kan gesien word waar die voertuig die boom getref het. Foto: Elsje Vermeulen
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button