News
Ou reus bly staan, maar lyk heelwat anders
Luidens die werkers op die toneel was hierdie drastiese stap noodsaaklik ter wille van padveiligheid.
VANDERBIJLPARK – Die dae van die ou reus op die hoek van Turnerstraat en Faraday Boulevard het die week so amper tot ’n einde gekom.
Munisipale werkers het met kettingsae die magtige boom, tak vir tak begin afsaag.
Dit was natuurlik tot groot hartseer en teleurstelling van die omwonende inwoners.
So amper was die ou grote heeltemal daarmee heen, maar Woensdag het die werkers die laaste groot takke afgesaag, en hoewel die ou reus nou nie meer spoggerig vertoon nie, is hy steeds staande.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
