News

Reuse waterlek in Bedworthpark

Honderde duisend liter water word vermors.

Opdatering: 10 Junie. 10:37 ELM het op hul Facebookblad gesê dat Rand Water water na Vanderbijlpark, Sharpeville en Bedworthpark afgesluit het sodat daar dringende herstelwerk aan die gebarsde pyp gedoen kan word.

Herstelwerk het reeds begin, maar daar is tans geen aanduiding van wanneer daar weer water sal wees nie.

BEDWORTHPARK – ‘n Waterpyp wat in die vroeë oggendure naby Casandra laan in Bedworthpark gebars het, gaan watertoevoer na die omliggende gebiede beslis affekteer.

Honderde duisend liter word tans vermors. Randwater is op die toneel maar kon nie bevestig of die toevoer toegedraai is nie. Hoewel die druk waarteen die water by die pyp uitspuit afgeneem het, is dit onduidelik wat daartoe bygedra het.

*Hierdie is ‘n ontwikkelende storie en sal ongedateer word soos wat inligting bevestig word.

Ranwater se personeel is tans op die toneel. Foto: Ettienne van Rensburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button